Uitstekende Diens

Kliente diens…. In Suid Afrika !!!!
You must be joking….
Wel hier’s my ervaring wat regte kliente diens is ……!!
Moet “koeëls” bestel en wil nuwes probeer vir my 30-06, 308 albei Oom Ben Musgrave se modelle en 243 Howa.
So besluit ek en my gedagtes gaan na 360 Arms se AMP gaan dit probeer….Sondag aand voor die TV besluit ek om ‘in stilte bietjie shopping te doen’…. So stil, stil langs vroulief…..
Op my “banking app” registreer ek sommer aanlyn en plaas my bestelling….
En soos verwag is dit nou betaal is die wet van TVL.
Tik al die besonderhede en druk die syfers in en daar gaan die bestelling…. Die “app” sê nie “Is jy seker…. Please confirm” nie….. net mooi niks. Sjoef, chaf en alles is afgehandel….
Dink nogal ek is beïndruk met myself!!
Ough Eina ….. toe bevestiging deurkom, sien ek het te veel nulle gedruk en weg is my pesioen en bank leeg en ek kan nie die “instant” betaling keer of omkeer nie!!….
Sondag aand wat nou… ek bedink nog die saak oor hoe ek Maandag eerste ding sal bank toe gaan en daar my saak bepleit.
Nie eens 10 minute later kontak 360 Arms Admin en Franscois my beide….. ‘Eish’ Oom Ben jy het te veel betaal op jou bestelling…Beide verseker my dis nie ‘n probleem, dit sal reg gestel word, of stel ek dalk belang in ‘punte vir die res van my lewe’?? Ha, ha!!
Stuur die nodige dokumentasie en bewyse terug na hulle en…… Nou vir die lang en onsekere wag wanneer gaan ek van hulle hoor…. Die dinge kan mos soms effens ‘sloer’.
Ja KLIENTE diens is ‘n belangrike “buss”word vir talle besighede…
360 Arms julle is werklik uitsonderlikke groep mense!! 48uur later kan ek darem weer asem haal en is die nodige “glipsie-omkeer” gedoen en uitgesort.
Julle kliente diens is besonders, baie dankie vir julle bystand. Sal julle ook terugvoer gee oor my skiet resultate. Julle het definitief ‘n getroue kliënt in my.
Ben Anderson

This entry was posted in . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

This site uses cookies to offer you a better browsing experience. By browsing this website, you agree to our use of cookies.